Civils 2000

News

Brûe oor N2 vorder fluks

Die nuwe voetgangerbrug oor die N2 tussen Thembalethu en die Pacaltsdorp motorbrug, is ‘n onderwerp van groot belangstelling.

Debra Sauer, assistant-mediaskakel-beampte van die George-munisipaliteit, sê volgens werkers op die N2 kom staan daar gereeld nuuskieriges by die brug om foto’s te neem van die brug se ontwerp.  “Dit het die vorm van ‘n seemeeu of tipe voël in vlug en die paaidjie op die brug is ook nie heeltemaal plat gebou nie,” sê sy.

Burgermeester Charles Standers, get gesê hy is trots daarop dat die voetbrug nie net a praktiese hulpmiddel vir inwoners is nie, maar ook ‘n pragtige toevoeging tot die besonderse moor omgewing.

Die betonwerk van die voetgangerbrug is reeds voltooi en werkers plavei die paaidjies vanaf Rosedale na die voetbrug en York-straat,  Staalhandrelings word ook opgerig.

Intussen kan motoriste en voetgangers hulle verlustig in die pragtige rots-en-vet-planttuin op die eilande vanaf die N2-brug na Yorkstraat en in die rigting van Pacaltsdorp.

Inheemse vetplante van die omgewing is oor die eilande geplant.

Volgens Radie Loubser, waarnemende hoof van die parke en rekreasie, is die gebiede rondom die N2 veral ‘n plek waar daar geweldige hoë vlakke van uitlaatgasse is.  “Die vetplante wat op die eilande geplant is, is geharde soorte wat lae instandhouding en baie min water benodig,” het hy gesê.

N2-brug binnekort gelas

Werk is steeds volstoom aan die gang by die N2 Pacaltsdorp-brug.  Die span beoog om teen einde Februarie die ou brug en die nuwe gedeelte met beton te las.  Die proses om die beton sterk genoeg te kry voordat swaarvoertuie daaroor mag ry, duur vier dae.

Melvyn Naik, portefeuljeraadslid vir siviele ingenieursdienste en veervoer, het gesê die publiek sal egter weer in kennis gestel word van die reëlings wat getref is.

Dit sal ook waarskynlik oor ‘n naweek gedoen word om die impak op verkeer te verminder.  Swaarvoertuie vanaf Yorkstraat (wat in Kaapstad se rigting reis) sal na die ou lughawepad of die Thembalethubrug (die wat in Port Elizabeth se rigting reis) verwys word, terwyl verkeer vanaf Pacaltsdorp op die N2 sal indraai en ‘n U-draai sal maak terug na George.

Vyf bane

Op die nuwe brug is reeds mediane gelê, wat beteken die regsafdraaifasiliteite vergemaklik word.  Die oorspronklike brug het drie bane gehad en die nuwe brug sal vyf bane hê.

Volgens Naik is beton wat vir die projek gebruik is, 1 000 keer getoets.  Die betonsterkte is daagliks by die Outeniqua-laboratorium getoets.

Die afhandeling van die projek word beoog vir einde April.

Die projek is ‘n gesamentlike projek van Sanral, die Wes-Kaapse provinsiale regering en George-munisipaliteit teen die totale koste van R94 miljoen.

 

Source: George Herald
Date:25-09-2016
Reference: P14