Civils 2000

News

Brug-Projek is n ‘monument’

“Goeie samewerking tussen SANRAL, die provinsiale en plaaslike regering het gesorg dat die mylpaal vandag gevier kan word.”

So het Sanral-streekbestuurder vir die Wes-Kaap, Kobus van der Walt, gesê tydens die amptelike opening van die Pacaltsdorp-brug oor die N2 wat verlede Vrydag gevier is.

Die amptelike opening van die Pacaltsdorp-wisselaar en die voetgangerbrug oor die N2 naby Rosedale is ook, as deel van die projek, by die geleentheid ingesluit.

“Dit is ‘n monument.  ‘n Mens kan maar net hoop dat mense die voetgangerbrug gebruik,” het Van Der Walt gesê.  “Dit was lekker om die projek te doen, en sien hoe die gemeenskap voordeel daaruit trek.”

Die projek was a spanpoging met finansiële bydraes van Sanral (50%), die provinsiale regering (40%) en die George-munisipaliteit (10%).  Die projek het sowat twee geneem om te voltooi en het sowat R94 miljoen gekos.

Volgens Van Der Walt is daar tydens ‘n opname vasgestel dat sowat 300 mense daagliks oor die Pacaltsdorp-brug na hul werk stap, en meer as 500 wat vanaf Thembalethu na die Pacaltsdorp-omgewing stap vir werk.

‘n Projek vir die bou van voetpaaie langs die N2 vanaf Thembalethu tot by die Garden Route Mall is reeds uit op tender, het Van Der Walt gesê.  “Die ander projek om die brug oor die N2 by Thembalethu te verbreed is tans in die beplanningsfase.  Hier werk ons met ‘n ooreenkoms met die munisipaliteit,” het hy gesê.

 

Source: George Herald
Date: 27-10-2016
Reference: not available